Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Iran ontken hulle wou Britse tenkskip voorkeer

Iran se elite militêre eenheid, die Revolusionêre Wag, het Donderdag ontken dat hulle probeer het om ’n Britse olietenkskip in die Golf van Oman voor te keer, soos wat Amerika beweer het.

Die Wag het ’n verklaring aan die semi-amptelike nuusagentskap Fars uitgereik.

Die tenkskip is Woensdag deur drie bote wat glo aan die Wag behoort genader en gevra om te gaan vasmeer in Iranse seegebied daar naby. Die bote het die pad gevat nadat ’n Britse oorlogskip hulle gewaarsku het, het Amerikaanse amptenare gesê.

Die Wag sê in die verklaring hul patrolliebote het gewone take verrig. “In die laaste 24 uur was daar geen kontak met buitelandse skepe nie, en dit sluit Britse skepe in,” lui die verklaring volgens Fars.

Die Britse regering het Donderdag gesê drie Iranse bote het die deurgang van die tenker British Heritage deur die Straat van Hormuz probeer blokkeer. Die bote het teruggeval ná waarskuwings.

“Die (vlootskip) HMS Montrose was genoop om posisie in te neem tussen die Iranse bote en die British Heritage en om ’n verbale boodskap aan die bote te gee. Die Iranse bote het daarna weggedraai,” lui ’n verklaring van ’n Britse regeringsverteenwoordiger.

Spanning is steeds hoog tussen Amerika en Iran sedert Amerika sy sanksies verskerp het in ’n poging om die uitvoer van Iranse olie stop te sit.

Oiltenker British Heritage
British Heritage by die hawe van Bosphorus in Istanbul, Turkye, op pad na die Swartsee in Maart vanjaar. Foto: Reuters

Britse seesoldate het vroeër die maand ’n Iranse olietenkskip by Gibraltar oorgeneem omdat dit glo olie na Sirië vervoer het.

Pres. Hassan Rouhani het gewaarsku daar sal gevolge wees weens dié stap.

Verlede maand het Iran ’n Amerikaanse robotvliegtuig afgeskiet.

Amerika het Dinsdag gesê daar word beplan om ’n militêre koalisie te vorm om die strategiese seegebied by Iran en Jemen te beskerm. Reuters

Meer oor:  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.