Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Dis wat Merkel eintlik van Trump dink

In ’n eksklusiewe onderhoud deur Christiane Amanpour, veteraanjoernalis van CNN, het sy Angela Merkel, kanselier van Duitsland, reguit gevra wat sy van pres. Donald Trump van Amerika dink.

Dit is na aanleiding van die onderstaande foto wat wêreldwyd opspraak gemaak het.

Dr. Angela Merkel, kanselier van Duitsland praat met Donald Trump, president van Amerika, op die tweede dag van die G7-spitsberaad in Kanada in Junie verlede jaar. Die foto wat deur Merkel se kantoor uitgereik is, is wyd gepubliseer en het ook vinnig op sosiale media versprei. Dit word as 'n ikoniese foto beskryf. Foto: Reuters
Christine Lagarde, besturende direkteur van die IMF, sit tussen pres. Donald Trump van Amerika en Angela Merkel, premier van Duitsland. Trump het op die dag, 9 Junie 2018, laat opgedaag vir 'n ontbyt van die G7 se adviesraad oor geslagsgelykheid in La Malbaie, Kanada. Foto: Reuters

Merkel het onder meer aan Amanpour gesê sy het haar opinies en Trump syne.

“Dit is sekerlik altyd ’n uitdaging om met hom te debatteer, maar ek is heeltemal tevrede om die uitdaging aan te pak”.

Kyk na die onderstaande video van ’n kort uittreksel uit die onderhoud en sien daardie Mona Lisa-glimlag van Merkel ná haar stellings!

Sy het ook gesê daar is werk wat gedoen moet word want Duitsland kom al hoe meer te staan teen “donker magte” wat hul pad na die hoofstroom in Duitsland en in ander dele van die wêreld vind.

Meer oor:  Angela Merkel  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.