Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Kaptein se boodskap toe vliegtuig vir baba terugdraai

Die opname van 'n kaptein van Saudi Arabian Airlines (Saudia) wat vra om terug te draai kort na opstyging omdat 'n ma haar baba op die lughawe vergeet het, het 'n sosiale media-treffer geword.

Dit is nie aldag dat 'n vliegtuig terugdraai nie, maar verlede Saterdag het Vlug SV832, op pad van Jeddah na Koeala Loempoer in Maleisië, omgedraai nadat 'n vrou aan boord die kajuitpersoneel in kennis gestel het dat sy haar baba in die vertreksaal van die King Abdul Aziz-internasionale lughawe vergeet het.

Die SV832-vlug met 'n Boeing 787 (9) is agt uur lank, en sou minstens 200 passasiers aan boord gehad het, luidens flightradar24.com.  

In die video-opname wat deels in Arabies is, kan die personeel in die lugverkeertoring om terug te draai is ongeloof in die stemme van die personeel op die grond duidelik.

Grondpersoneel: "Meneer, bevestig, jy draai terug na die hek?

(Kaptein antwoord in Arabies.)

Grondpersoneel: "Bevestig die rede asseblief."

Kaptein: "'n Passasier het haar baba in die terminaal vergeet en sy weier om met die vlug voort te gaan." 

Grondpersoneel: "Goed, reg, sy het haar baba in die terminaal gelos . . . (praat verder in Arabies) . . . right."

Meer oor:  Lugvervoer  |  Vliegtuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.