Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Merkel bewe wéér, maar sê dit gaan ‘baie goed’

Die Duitse kanselier Angela Merkel (64) het vir die derde keer in minder as ’n maand onbeheers in die openbaar gebewe, maar sy sê sy werk deur die bewerasies.

Mense het die eerste keer bewus geword van Merkel wat bewe toe televisiekamers haar op 18 Junie afgeneem het waar sy langs pres. Wolodimir Zelenskij van Oekraïne gestaan het.

Beeldmateriaal van Merkel wat bewe het weer op 27 Junie opslae gemaak. Dié keer het sy langs pres. Frank-Walter Steinmeier van Duitsland gestaan.

In die jongste voorval is Merkel Woensdag afgeneem waar sy bewe terwyl sy langs Antti Rinne, premier van Finland, staan.

Merkel het op ’n nuuskonferensie ná afloop van haar vergadering met Rinne aan verslaggewers gesê sy is “oukei”. Sy het verduidelik die bewerasies het net eendag begin en die hoop uitgespreek dat dit sal weggaan.

“Ek werk deur dit wat gebeur het tydens die militêre eerbewyse saam met president Zelenskij.

“Die proses is duidelik nog nie afgehandel nie, maar daar is vordering en ek moet vir ’n wyle hiermee saamleef, maar dit gaan baie goed met my en julle hoef nie oor my te bekommer nie.

“Ek glo dit het net eendag gebeur, dit sal dus net weer verdwyn. Ek is ook oortuig dat ek bekwaam genoeg is om my werk te doen,” sê Merkel. – Reuters

Meer oor:  Angela Merkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.