Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Vlieënier sukkel om Ethiopian-vliegtuig te beheer

Die vlieënier van die Boeing 737 Max 8 van die Ethiopiese lugdiens wat Sondag neergestort het, het gesukkel om die vliegtuig te beheer kort voor die val, sê Ethiopian Airlines se uitvoerende hoof.

Ethiopië-lugramp, Ethiopian Airlines
'n Stuk van die enjin op die ongelukstoneel van die Ethiopian Airlines-vliegtuig wat Sondag neergestort het. Foto: Reuters

Tewolde Gebre-Mariam het aan CNN gesê daar is ’n opname van die laaste gesprekke in die stuurkajuit.

“Hy (die kaptein) het probleme gehad om die vliegtuig te beheer en het gevra om terug te keer na die lughawe.”

Hy het toestemming gekry, maar het teen daardie tyd van die radar verdwyn.

Dit is die tweede 737 Max 8 wat in minder as ses maande neerstort.

“Ons glo die ooreenkomste tussen die twee voorvalle is substansieel. Ek glo daar is vrae oor die vliegtuig wat nie beantwoord is nie,” sê Grebre-Mariam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.