Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man oorleef val by Niagara-waterval

’n Man wat by die Niagara-waterval in Amerika afgeval het, het dit oorleef en boonop geen lewensgevaarlike beserings opgedoen nie.

Die man is gesien toe hy Dinsdagoggend vroeg oor die keermuur by die 51 m hoë waterval geklim en daar afgeval het, het die polisie volgens die BBC op Twitter gesê.

Die polisie het hom later aan die onderpunt van die waterval gekry waar hy op die rotse gesit het. Hy is na ’n hospitaal geneem. Die polisie het geen verder besonderhede oor die man gegee nie.

Die Niagara-watervalFoto: Getty Images

Jim Diodati, burgemeester van die dorp Niagara Falls, het volgens ’n berig in die The Buffalo News gesê die ongekende hoë watervlak van die rivier het vermoedelik die man se lewe gered.

“As die Eriemeer voller is en vinniger na die Ontariomeer vloei, is daar ’n beter kans om die enorme rotse aan die onderpunt van die perdehoef-waterval mis te val. Ek hoop hy besef dit is ’n seën,” sê Diodati.

Jaarliks neem sowat 25 mense hul eie lewe deur net voor die waterval in die rivier te spring. ’n Handjievol springers oorleef dit.

Breitbart berig dit het gelyk asof die man “in die moeilikheid is” naby die rand van die perdehoef-waterval, die grootste van die drie watervalle.

Andy Essor van Ontario het aan The Buffalo News gesê: “Hy (die man) is baie gelukkig. Nie baie mense oorleef dit nie. God was beslis in sy hemp se bosak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.