Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Netanyahu in resies om mag in Israel te behou

Die spanning laai op in Israel terwyl Benjamin Netanyahu, premier, sy uiterste bes doen om ’n wet om die Knesset (Israel se parlement) te ontbind, aanvaar te kry sodat daar ’n nuwe verkiesing gehou kan word voordat iemand anders ’n koalisieregering kan vorm.

Netanyahu se spertyd is tot middernag Israelse tyd. As hy nie voor dan ’n koalisievennoot kan kry met wie se hulp hy ’n regering kan saamstel nie, kan die president besluit om ’n ander party die kans te gee om ’n regering te vorm, berig Haaretz.

Netanyahu het nog altyd in koalisie met regse partye geregeer, maar op die oomblik wil die Yisrael Beiteinu-party nie in koalisie met hom gaan nie omdat hulle wil hê ultra-ortodokse godsdiensstudente moet van militêre diens vrygestel word.

Die stemming om die Knesset te ontbind word deur vertragingstaktieke van opposisiepartye opgehou, berig i24news.tv.

Indien die Knesset nie voor middernag ontbind word nie, kan pres. Reuven Rivlin vir Benny Gantz, die leier van die Blou-en-wit-party, vra om ’n regeringskoalisie te vorm. Hulle het net soveel setels in die Knesset as Netanyahu se Likud-party.

Aan die ander kant kan Rivlin die Yisrael Beiteinu-party vra om ’n regering vorm omdat daar meer regse partye as linkses is.

Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Premierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.