Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Nuus lek uit oor soektog na wie nuus uitlek
Pres. Donald Trump Foto: bloomberg

Withuis-personeellede moes hul selfone indien sodat uitgevind kan word wie inligting aan die media uitlap . . . berig media aan wie die selfoon­indiening uitgelap is.

Sean Spicer, Withuis-woordvoerder, is keelvol omdat inligting oor sy vergaderings met sy kommunikasiespanne aan die media uitgelap word, berig ­Politico.

Spicer het sekere Withuis-personeellede uit die bloute na sy kantoor ontbied waar hul selfone en enige ander elek­troniese toerusting deurgegaan is. Die skuldige kon nie betrap word nie en selfs nadat Spicer geëis het dat dié vergadering vertroulik bly, het dit die media se ore blitsvinnig bereik.

Sy soektog na ’n sondaar is dalk onnodig.

Pres. Donald Trump is oortuig daarvan dat hy weet wie verantwoordelik is vir die uitlap van Withuis-bedrywighede én vir betogings by Republikeinse politieke saamtrekke: Barack Obama.

“Ek dink pres. Obama sit daaragter, want sy mense is beslis daaragter,” het Trump aan Fox News gesê. Hy sê die uitlap van Withuis-inligting is sleg vir nasionale veiligheid.

“Dit is politiek en dit sal waarskynlik voortgaan.”

Kellyanne Conway, ’n senior raadgewer, sit met kaalvoete op ’n rus­-bank in die Oval Office. Foto: REUTERS

Trump het geen bewyse vir sy bewerings verskaf nie.

Hy het vroeër vandeesmaand gesê inligting oor sy telefoongesprekke met die leiers van Mexiko en Australië is deur “Obama se mense” aan die

media gegee.

Obama het nog nie op Trump se bewerings gereageer nie.

Hy sê hy sal skynheilig wees as hy die Withuis-korrespondentegeselligheid bywoon in ag genome “fopnuus”.

Dit kom ’n week nadat hy die media gekritiseer het oor die gebruik van anonieme bronne en gesê het die media “is ’n groot gevaar vir die land”.

Hy het in ’n toespraak voor die Conservative Political ­Action Conference (CPAC) in Washington gesê die media versin stories oor hom en sy administrasie.

’n Paar dae later is ’n klomp groot mediagroepe, waaronder CNN, die BBC, The New York Times en Los Angeles Times toegang tot ’n Withuis-mediakonferensie geweier omdat hulle “fopnuus is wat doelbewus jok”.

– Reuters, CNN, BBC,

The Independent

Meer oor:  Donald Trump  |  Nuus  |  Media  |  Withuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.