Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Oud-monarg gee uiteindelik DNS vir toets

Die voormalige Belgiese koning Albert II het op 84-jarige ouderdom uiteindelik ’n monster van sy DNS gegee op versoek van die kunstenaar Delphine Boël (51) wat glo sy liefdeskind is.

Hy het dit gedoen nadat hy eers ’n hofbevel in dié verband geïgnoreer het. Die hof het toe bepaal dat hy 5 000 per dag betaal vir solank as wat hy weier om dit te doen, berig die BBC.

LIEGE, BELGIUM - JULY 19: Queen Paola and King Alb
Koningin Paolo en koning Albert II in 2013. Foto: Getty Images

Albert II was van 1993 tot 2013 koning, waarna hy weens gesondheidsredes geabdikeer en sy seun Philippe hom opgevolg het.

“Hy (Albert II) het kennis geneem van die hof se beslissing dat die uitslag streng vertroulik sal wees totdat ’n nuwe geregtelike besluit geneem is,” het Alain Berenboom, sy regsverteenwoordiger, Dinsdag gesê.

’n Uitspraak word nie voor die einde van die jaar verwag nie, het Channel24 berig.

Daar was jare lank gerugte dat die voormalige koning en Boël se ma, barones Sybille de Selys Longchamps, ’n buite-egtelike verhouding gehad het toe hy nog prins Albert was, berig die tydskrif Time.

Die nuus van ’n liefdeskind het in 1999 in ’n ongemagtigde biografie oor Albert se vrou, koningin Paola, aan die lig gekom.

Met die dood van Albert se broer in 1993, het hy skielik koning geword. In sy Kersboodskap daardie jaar het hy indirek ’n buite-egtelike verhouding erken deur te sê dat hy en Paola in die 1960’s ’n “krisis” gehad wat byna hul huwelik beëindig het, maar dat dit “lank gelede was” en dat hulle dit oorkom het.

Boël, ’n kunstenaar en beeldhouer, het gesê die enigste rede hoekom sy die vaderskapsaak aanhangig gemaak het, is uit woede omdat die koninklike familie haar altyd geïgnoreer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.