Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump moet ophou twiet, sê Amerikaners
Donal Trump Foto: Argief/Reuters

Die meeste Amerikaners dink dit is tyd dat Donald Trump sy Twitter-rekening sluit en dat hy nooit weer moet twiet van sy persoonlike Twitter-rekening af nie.

’n Nasionale opname van die Quinnipiac-universiteit toon 64% van Amerikaners wil hê die aangewese president moet @realDonaldTrump sluit.

Hy bedryf dié Twitter-rekening al sedert 2009 en het meer as 19 miljoen volgelinge.

Luidens die opname se resultate, wat Dinsdag bekend gemaak is, is 71% van Amerikaners tussen die ouderdom van 18 en 34 jaar ten gunste van die sluit van die rekening.

Republikeine is verdeeld oor die kwessie. 49% sê Trump moet sy rekening behou en 45% sê hy moet dit sluit.

Trump het al 34 000 keer van sy rekening af getwiet en het nog geen teken sedert die verkiesing in November getoon dat hy van plan is om die rekening te sluit nie.

In die nege weke sedert verkiesingsdag het Trump hoofopskrifte gehaal met sy twiets oor onder meer vlae wat gebrand moet word, die koste van die president se vliegtuig en meer onlangs oor Meryl Streep se toespraak by die Golden Globe-toekennings.

Die einde van Trump se persoonlike rekening sal egter nie noodwendig die einde van sy twiets wees nie.

Trump gaan @POTUS, die amptelike presidensiële twitter-rekening, by pres. Barack Obama oorneem sodra sy termyn amptelik begin.

Obama was die eerste president wat dié rekening gebruik het. Sy sowat 340 twiets gaan geargiveer word en van die tydlyn uitgevee word sodra Trump op 20 Januarie ingehuldig word.

Sean Spicer, wat Trump se mediasekretaris in die Withuis gaan wees, het verlede week gesê hy verwag Trump gaan van albei rekeninge af twiet.
– BBC Money

Meer oor:  Trump  |  Twitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.