Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Seldsame ‘half-identiese tweeling’ gebore

’n Buitengewone “half-identiese tweeling” is in Brisbane, Australië, gebore, luidens ’n verslag in The New England Journal of Medicine.

Dit gebeur wanneer ’n eiersel van die ma gelyktydig deur twee sperms van die pa bevrug word en die eiersel daarna verdeel. Dié soort bevrugting lei gewoonlik daartoe dat die bevrugte sel uitgeskei word en geen swangerskap ontstaan nie.

By ’n identiese tweeling word die eiersel deur ’n enkele sperm bevrug en deel daarna in twee. Identiese tweelinge kan net van dieselfde geslag wees.

Gewone tweelinge word gebore as twee eierselle elkeen deur ’n ander sperm bevrug word. Die tweelinge is soos gewone broers en susters, behalwe dat hulle gelyk gebore word.

In die Australiese geval van die half-identiese tweeling, is dit ’n seuntjie en ’n meisie wat nou al vier jaar oud is, berig die BBC.

Hulle is identies aan die moeder se kant, en deel net ’n gedeelte van die pa se DNS.

Die 28-jarige ma se swangerskap het normaal verloop. Op ses weke is gesien daar is twee fetusse en dat hulle ’n plasenta deel – dus ’n identiese tweeling.

Op 14 weke het ’n sonar egter getoon dit is ’n seuntjie en ’n meisie, onmoontlik indien hulle identies is, berig iflscience.

Dit was nogal ’n skok, het dr. Michael Gabbett, ’n genetikus aan die Queensland-Universiteit vir Tegnologie, gesê.

Genetiese toetse is op die vrugwater gedoen. Dit het getoon hulle het 100% van hul ma se DNS, maar 50% van hul pa, wat beteken hulle is net 78% identies.

Hulle is sover bekend slegs die tweede half-identiese tweeling.

Meer oor:  Brisbane  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.