Die wiskundige geletterdheid-klasse word aangebied deur Monique Collins van Kuilsrivier Tegniese Hoërskool, wat al 24 jaar in die onderwys is. Haar kollega wat hierdie vak saam met haar aanbied, is Racheline Lesch van Hoërskool Malibu in Blue Downs naby Eersterivier. Racheline is al 29 jaar in die onderwys.