Jare al jaag sy op die N7 verby Koringberg, dan Piketberg, op met die pas na Citrusdal. Min wetende dat daar bo-op die bloupers Piketberge ’n vooruitstrewende plaasgemeenskap is waar van ons land se beste vrugte en blomme vandaan kom. Dié keer het Maryke Roberts afgetrek.