Dat Os du Randt ’n beroepsrugbyspeler geword het, is merkwaardig. Dat hy sy loopbaan as ’n dubbele Wêreldbeker-wenner en ’n Bok-legende afgesluit het, is byna ’n wonderwerk.
Du Randt het nie as kind daarvan gedroom om rugby te speel nie. Daarna het ’n kniebesering sy loopbaan so byna beëindig nog voordat dit op dreef kon kom. En Du Randt was feitlik op pad terug plaas toe op versoek van sy pa, wat beteken het hy sou sy toks moes bêre.