Suid-Afrika het van die wêreld se rykste verskeidenheid vetplante en talle van dié plante is aangepas om binnenshuis te kan groei.
Dit is vetplante wat onder meer in woude en in vlak grond aard, sê dr. Ernst van Jaarsveld, tuinboukundige by Babylonstoren. “Dié plante het baie min aandag nodig as hulle eers gevestig is.”