Chris Hattingh van die Instituut vir Rasseverhoudinge skryf:
In sy nuusbrief van 4 April sê pres. Cyril Ramaphosa oor die SAID se aankondiging dat hy tussen April 2021 en Maart 2022 meer as R1 564 miljard ingesamel het dit sou nie moontlik gewees het sonder die samewerking van die meeste belastingbetalers nie.
Dis daarom merkwaardig dat die regering aanhou om beleid en idees na te jaag wat ekonomiese aktiwiteit strem en belastingbetalers verarm of wegjaag.