Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Fortress se hoof lê tuig neer

Mark Stevens het Maandag amptelik as uitvoerende hoof en besturende direkteur van die beleërde eiendomsmaatskappy Fortress uitgetree.

fortress
Fortress was betrokke by die bou van verskeie winkelsentrums regoor Suid-Afrika.

Stevens het reeds in Desember 2018 gesê hy wil in die volgende 12 maande aftree. Hy sal wel steeds as uitvoerende direkteur van Fortress dien tot en met 30 September vanjaar, waarna hy amptelik sal aftree.

Luidens ’n Sens-verklaring sal Steven Brown oorneem as uitvoerende hoof, en Stevens sal met sy tydelike teenwoordigheid op die direksie ’n “probleemlose oorgang” help verseker.

Fortress is sedert verlede jaar beskuldig van binnehandel, die manipulasie van sy aandeelprys, belangebotsings en eiendomstransaksies waar daar met waardasies gekonkel is om individue te help geld maak.

Institusionele beleggers soos Sanlam, Coronation en Allan Gray het versoek dat bewerings teen die maatskappy en van sy direkteure ondersoek word.

Mark Stevens, voormalige uitvoerende hoof van Fortress.

’n Spesiale subkomitee van Fortress het toe vir PwC aangewys om ’n onafhanklike ondersoek te begin, wat onder andere vir Stevens betrek het.

PwC het breedweg bevind dat daar geen bewys van binnehandel of onderduimse bedrywighede gevind kon word nie, hoewel hy weier om die volle verslag openbaar te maak.

PwC het egter wel hier en daar probleme met korporatiewe beheer gesien, iets wat in ’n stadium as “swak huishouding” beskryf is. Dit sluit in dat welbekende belangebotsings bloot nie behoorlik aangeteken is nie.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het in sy eie ondersoek na beweerde gekonkel tussen Fortress, Lighthouse Capital en Resilient om die eiendomsmaatskappy Nepi Rockcastle se aandeelprys kunsmatig hoog te hou, bevind dis nie waar nie.

Sowel Fortress as Resilient (wat Fortress gestig het) het verskeie stappe gedoen om kruisbelange te beëindig en korporatiewe beheer te verbeter.

Meer oor:  Resilient  |  Fortress  |  Genoteerde Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.