Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kunswerk deur Makamo oortref verwagtinge

Strauss & Co se eerste aanlyn kunsveiling van 2019 het uitstekende pryse behaal.

Nelson Makamo se skildery Girl with Green Glasses.

Nelson Makamo se skildery Girl with Green Glasseswas die topverkoper teen R199 325 – byna vier keer die geraamde veilingsprys.

Makamo geniet tans wêreldwye aandag ná die verskyning van een van die skilder se werke op die voorblad van die tydskrif Time se “optimiste-uitgawe” vroeg in Februarie vanjaar.

Nog ’n verrassing was die olieskildery A Windy Day deur Beatrice Elvery, wat R128 975 behaal het.

As deel van Strauss & Co se verbintenis tot deursigtigheid en toeganklikheid bevat die aanlyn veilingsplatform ’n omvattende reeks funksies wat bieërs help om besluite te neem.

Dit sluit in foto’s, besonderhede oor elke lot en verslae oor die toestand van die werke. Vir meer inligting, besoek www.straussart.co.za.

Meer oor:  Strauss & Co  |  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.