Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie styg 1ste keer in 3 maande

Inflasie is weer aan die styg, maar daar is nie groot rede tot kommer nie - nog nie.

 inflasie
Statistieke Suid-Afrika het Woensdag die nuutste inflasiesyfer bekend gemaak.

Die inflasiekoers het in Februarie vir die eerste keer in drie maande gestyg, maar net tot 4,1%. In Januarie was inflasie 4%, in Desember 4,5% en in November 5,2%.

Die styging hou inflasie gemaklik laer as die middel van die Reserwebank se teikenband (3% tot 6%), waar die sentrale bank dit wil anker. Die Reserwebank maak volgende Donderdag sy tweemaandelikse besluit oor die rentekoers bekend. 

Kerninflasie, wat brandstof, kos en kragtariewe uitsluit, is wel op 4,6% bo die middelpunt, maar het stabiel gebly tussen Januarie en Februarie.

Kospryse was in Februarie gemiddeld 2,3% duurder as ’n jaar gelede, maar was effens goedkoper (-0,1%) as in Januarie.

Vleisliefhebbers betaal nou 1,5% minder vir ’n mandjie vleis as in Januarie, mits hul mandjie ooreenstem met dié van SSA s’n en dus meer hoender- as ander vleis bevat.

Die Reserwebank kyk sowat 18 maande vooruit na inflasie en Februarie se syfers is dus nie wat Lesetja Kganyago, president, laat wakker lê nie, eerder die risiko’s wat voorlê. Daarvan is daar heelwat.

Die Reserwebank het onlangs gewaarsku dat die verhoging in kragtariewe wat aan Eskom toegestaan is, inflasie kan laat opskiet. Dit sal vanaf Julie in die verbruikersprysinflasiesyfers weerspieël word. Brandstofpryse is ook sedert Maart skerp aan die styg, wat inflasie verder sal opdruk.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.