Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Swak rand wag vir nuus oor ekonomie
’n Dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R14,21 kos.

Die dollar steur hom duidelik nie tans aan pres. Donald Trump nie.

Reuters berig die Amerikaanse geldeenheid het Maandag aanhou verstewig teenoor ’n mandjie geldeenhede.

Dit is ondanks Trump wat oor die naweek gekla het die Federale Reserweraad se monetêre beleid ondersteun ’n sterker dollar. Volgens Trump kan ’n te sterk dollar handel tussen Amerika en ander lande pootjie.

Luidens Reuters hou die dollar tans steeds aan met spiere bult aangesien beleggers hoop Amerika en China gaan wel binnekort ’n handelsooreenkoms sluit.

Trump dreig om invoertariewe op $200 miljard se Chinese produkte van 10% tot 25% te verhoog sou ’n ooreenkoms nie gesluit word nie.

Dié tarief sou oorspronklik van Vrydag 1 Maart van krag wees. Trump het egter die laaste week van Februarie gesê hy stel dit vir eers uit.

Die gevolg van al dié verwikkelinge was dat die rand vroeg Dinsdagoggend teen R14,21 teenoor die dollar verhandel het.

Op die plaaslike front kan Statistieke Suid-Afrika (SSA) se aankondiging oor die nuutste ekonomiese groeisyfer Dinsdag die rand verder laat verswak.

Die SSA maak om 11:30 die nuutste syfers vir bruto binnelandse groei bekend. Dit is vir die vierde kwartaal van 2018.

Die rand het Dinsdagoggend teen R18,69 teenoor die Britse pond en R16,10 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 288,29 per fynons.
  • Platinum: $840 per ons.
  • Olie: $65,31 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 699,24
  • Ethereum: $125,34
Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Donald Trump  |  Dollar  |  Bbp  |  Ekonomiese Groei  |  Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.