Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 10, 12, 57, 113 - lag nes SA kan

Eskom het Dinsdag op 'n mediakonferensie gesê dat  fase 5- en fase 6-beurtkrag 'n gebeurlikheidsplan is om ’n nasionale kragineenstorting te voorkom. Suid-Afrikaners het nie toegelaat dat dié donker nuus hul ligte luim blus nie.

Sosialemediagebruikers het vinnig lig van dié donker nuus gemaak deur oor die verskillende fases te spot.

meme
Dié foto word op WhatsApp gedeel. Foto: WhatsApp

Twitter-gebruiker Tyler Durden meen fase 10 sal wees wanneer Eskom sommer die lig aan die einde van die tonnel wegvat, terwyl Lester Kiewit sê fase 10 is wanneer Eskom tot jou Sunlight-seep kom wegvat.

@10Damzo was vinnig om uit te wys dat fase 12 dus sal beteken dat Eskom jou Castle Light vir 'n Savanna Dark sal kom ruil.

Twitter-gebruiker Tyler Durden meen Eskom sal by fase 57 enigiemand oor die vingers tik wat sê hul toekoms lyk "helder".

Hawa Chenia het sommer na fase 100 gespring en gesê sy dink Eskom sal tot by jou huis kom en seker jou oë aanmekaar vasgom sodat jy nooit weer lig kan sien nie.

Suid-Afrikaners op Reddit South Africa het ook 'n klip in die donker probeer gooi met grappies oor Eskom.

Een meme lui: "Bid jou aan jy betaal R1 000 per maand vir DStv, maar Eskom besluit wanneer jy kan TV kyk."

meme
Suid-Afrikaners het met Eskom op Reddit South Africa gespot. Foto: Reddit SA
meme
'n Nagemaakte Eskom-kennisgewing word gedeel. Foto: Reddit SA
meme
Suid-Afrikaners deel hul sin vir humor. Foto: Reddit SA

Meer oor:  Eskom  |  Suid-Afrika  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Spot  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.