Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Oornag-beurtkrag van 23:00-08:00

Beurtkrag word vir die eerste keer  oornag in Suid-Afrika ingestel.

Die nutsmaatskappy Eskom het Saterdagaand laat in ’n verklaring bekend gemaak fase 2-beurtkrag sal van 23:00 Saterdagaand tot om 08:00 Sondagoggend geld.

Fase 4-beurtkrag sal Sondag van 08:00 tot 23:00 geld.

Volgens die verklaring geld beurtkrag oornag sodat genoegsame waterreserwes opgebou kan word.

Eskom sê voorts die sikloon wat Mosambiek getref het, het kragvoorsiening aan Suid-Afrika geraak. Volgens die verklaring sal dié kragvoorsiening ook nie binne die volgende paar dae herstel kan word nie.

Spanne van Eskom werk ook onverpoosd om kragtoevoer by alle kragsentrales te herstel.

In fase 1 word 1 000 MW nasionaal bespaar, in fase 2 is dit 2 000 MW, in fase 3 is dit 3 000 MW en in fase 4 dan 4 000 MW.

In die meeste gebiede word die krag vir twee ure op ’n keer afgesit, maar ’n ekstra halfuur word toegelaat om die kragnetwerke só aan te skakel dat dit nie die stelsel beskadig nie.

Klik hier vir Eskom se beurtkrag-skedules.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.