Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Solidariteit skep beroepsgildes
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag aangekondig hy gaan beroepsgildes skep waarvolgens Afrikaanse werknemers volgens hul beroepe saamgegroepeer word om sodoende 'n helpmekaar-beroepsgemeenskap te vorm.

Volgens dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof, het Solidariteit dié inisiatief geneem om só ’n nuwe tuiste aan Afrikaanse werknemers buite die tradisionele werksopset te bied.

“Vanweë verskeie faktore, wat onder meer regstellende aksie insluit, voel Afrikaanse werknemers dikwels vervreemd in die werkplek.

“Die beroepsgildes het ten doel om ’n professionele netwerk van praktisyns daar te stel wat aan professionele mense ondersteuning sal bied en wat as waghond vir die onderskeie professies sal optree,” sê Hermann.

Solidariteit het reeds die eerste stap gedoen deur ’n beroepsgilde vir gesondheidspraktisyns op die been te bring. Dié gilde staan bekend as die gilde van Afrikaanse Gesondheidspraktisyns.

Volgens Hermann verkeer die Suid-Afrikaanse gesondheidsbedryf in ’n chroniese toestand van agteruitgang en is dit nie verbasend dat jong gesondheidspraktisyns die land verlaat nie.

Dit is juis daarom dat Solidariteit besluit het om ondersteuning in die vorm van ’n beroepsgilde aan gesondheidspraktisyns te bied.

“Jongmense word deur volgehoue politieke inmenging, wat hul kanse op keuring vir studies belemmer, ’n loopbaan in die gesondheidsbedryf ontsê. Verder word die uitoefening van hul reg op vryheid van keuse van werk ingeperk deurdat beperkings gelê word op waar hulle mag werk, terwyl hulle aan geweldige trauma tydens lang skofte blootgestel word,” sê Hermann.

“Solidariteit wil deur hierdie gilde 'n omgewing skep waar jongmense ondersteun word sodat hulle in die land kan bly en kan help om nuwe lewe in 'n siek gesondheidstelsel te blaas.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.