Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Beweerde korrupsie laat EOH nóg 22% val
Die embleem van die inligtingstegnologiemaatskappy EOH.

Microsoft het verlede week sy jare lange ooreenkoms met die beleërde tegnologiemaatskappy EOH beëindig nadat ’n fluitjieblaser die maatskappy by die Amerikaanse Securities & Exchange Commission (SEC) gaan aanmeld het, het TechCentral Maandag berig.

EOH het Maandag in ’n verklaring op Sens herhaal dat Microsoft hom nog nie amptelik ingelig het waarom die ooreenkoms so skielik gestaak word nie.

EOH Mthombo, ’n filiaal van EOH, was tot dusver ’n regstreekse herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-Afrika.

TechCentral berig ’n fluitjieblaser het in November 2018 ’n bedrogklag teen EOH by die SEC ingedien.

Dieselfde persoon of persone het ook aan Microsoft se direksie geskryf en gevra dat hulle die saak moet ondersoek.

Daar word beweer dat EOH op ’n onvanpaste wyse ’n kontrak van R120 miljoen met die Suid-Afrikaanse departement van verdediging aangegaan het.

Microsoft se direksie het ’n prominente regsfirma aangestel om die bewerings te ondersoek.

Die firma het die maatskappy later aangeraai om bande met EOH te verbreek.

EOH het verlede week aangekondig dat Microsoft hom in kennis gestel het van sy voorneme om ’n ooreenkoms tussen die partye binne 30 dae te beëindig.

Lees ook: EOH val 25% ná Microsoft ooreenkoms beëindig

EOH se aandeelprys het ná die aankondiging skerp gedaal en was in ’n stadium 25% laer.

Sy aandeelprys het volgens Iress Maandag met nóg 22% geval tot R15,20.

EOH moes in Januarie ook vure doodslaan oor die uitslag van ’n ondersoek by Eskom oor kontrakte met die maatskappy.

Stephen van Coller, EOH se nuwe uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring hy doen ’n beroep op “enigiemand met bewyse” om gerus na vore te tree sodat “enige historiese onetiese besigheidspraktyke in EOH sowel as in die land” uitgeroei kan word.

Die impak van Microsoft se besluit op EOH se wins in die huidige boekjaar sal na verwagting R10 miljoen wees.

Meer oor:  Eoh  |  Eoh Holdings  |  Microsoft  |  Tegnologie  |  Bedrog  |  Tenderbedrog  |  Tegnologiemaatskappye  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.