Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só styg MTN se pryse vir kontrakte, data
Een van MTN se selfoonwinkels in Suid-Afrika
Een van MTN se selfoonwinkels in Suid-Afrika.

Ten spyte van ’n belofte net dié week dat hy die prys van data op die vasteland wil verlaag, het MTN Vrydag aangekondig die meeste van sy kontrakte word vanaf 1 Mei duurder.

“MTN het die afgelope paar jaar hard gewerk om ’n toename in intekenaarsgelde te vermy, maar druk weens inflasie en hoër koste maak dit nou onafwendbaar,” sê die diensverskaffer.

Die prys van sommige pakkette styg met meer as 4%, maar sommiges (meestal die goedkoper pakkette) bly dieselfde.

Die gewilde My MTNChoice-pakkette styg almal met tussen R5 en R70 per maand.

Die prys van 500 megagrepe data styg van R85 tot R90 per maand.

Die prys om ’n gespesifiseerde rekening te ontvang, styg ook met 4%, asook sogenaamde Caller Line Identity.

Lees ook: MTN wil data meer toeganklik, goedkoper maak

In ’n verklaring sê die diensverskaffer hy bedank sy kliënte vir hul lojaliteit en sê hy sal aanhou om “effektiewe maniere te vind om konnektiwiteit op ’n koste-doeltreffende manier te bewerkstellig”.

Die prysstygings vind plaas ongeag die feit dat kliënte verbind is tot ’n 24-maandkontrak. Dis in die fynskrif van kontrakte dat pryse verhoog mag word.

Intekenare kan hierdie lys raadpleeg om te sien met hoeveel hul kontrak duurder word.

Meer oor:  Mtn  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.