Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
STEM: eFiling: Jan Taks sê dis reg, maar wat sê jy?
Die SAID se eFiling-portaal. Foto: Skermgreep

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) werk steeds hard om probleme met sy nuwe eFiling-portaal op te los.

’n Woordvoerder van die SAID het aan Netwerk24 bevestig dat die volgende veranderinge reeds aan die stelsel gemaak is:

’n Boodskap verskyn nou wanneer ’n gebruiker sy of haar belastingvorm oopmaak wat hom/haar inlig om te wag dat die vorm eers behoorlik moet laai voor veranderinge gemaak kan word.

Die knoppies “spaar” en “bereken” werk nie totdat die hele vorm gelaai is nie; en

Die aantal kere wat die gebruiker op sekere knoppies kan klik is nou aangepas om te verseker die taak wat gekies is word eers afgehandel voor ’n volgende een aangevra kan word.

Die stelsel het net twee dae nadat die nuwe belastingseisoen begin het, probleme gegee.

“Ons moedig belastingbetalers wat probleme ervaar, aan om ’n versoek op ons app te registreer dat ons hulle moet terugbel.

“Hulle gaan egter die app moet aflaai om dit te kan doen,” sê die woordvoerder. Die app se volledige naam is SARSMobiApp en dis op Google Play Store en Apple iOS beskikbaar.

Die SAID sê gebruikers wat voorheen probleme gehad het, moet weer na hul vorms gaan kyk om seker te maak dit vertoon en stoor reg.

’n Leser het Dinsdag nog vir Netwerk24 laat weet daar is steeds probleme met die stelsel.

Stem
Resultate
STEM: eFiling: Jan Taks sê dis reg, maar wat sê jy?
  • 45%
    Ja, eFiling werk
  • 28%
    Nee, dit werk glad nie
  • 27%
    Ek weet nie, ek het dit nog nie gebruik nie
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.