Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-probleme kos Comair miljoene

Daar is te veel vliegtuie in die Suid-Afrikaanse lugruim, wat beteken vlugte is leër – en dus minder winsgewend – as wat Comair sou wou hê.

Die twee nuwe Boeing 737-8 MAX-vliegtuie wat Comair aangeskaf het, is groter en die lugdiens hoop dit sal sy voljaarsyfers ’n hupstoot gee. Foto: Comair

Die maatskappy, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, het Dinsdag aangekondig sy inkomste vir die ses maande tot einde Desember het met ’n rekord van 12% gestyg teenoor dieselfde helfte van 2017.

Duurder brandstof het die maatskappy se wins egter geknou. Die verdienste en wesensverdienste per aandeel het met 38% tot 27,2c geval.

Comair sê hy kry eersdaags die twee nuwe Boeing 737-8 MAX-vliegtuie wat hy gekoop het, sowel as vier gehuurde Boeing 737-800-vliegtuie. Dit sal die ouer Boeing 737-400’s vervang.

Die nuwe vliegtuie is meer brandstofdoeltreffend en groter, wat Comair se inkomste per vlug sal verhoog.

Nog ’n speek in Comair se wiel – wat hom in die ses maande R34 miljoen gekos het – is die probleme by SAA Technical, die filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat gekontrakteer is om Comair se instandhoudingswerk te doen. SAA Technical het ’n agterstand met instandhouding ontwikkel, tesame met tekorte aan onderdele. Comair moes vliegtuie huur en het ook van die werk aan Lufthansa uitgekontrakteer.

Comair het die afgelope jare sy inkomstestrome gediversifiseer sodat hy minder oorgelewer is aan die lugdiensbedryf. Hy verdien nou reeds 27% van sy voorbelaste wins uit sy nie-lugdiensafdeling, wat insluit lughawesitkamers, opleiding en spyseniering. Comair stel ook sy nuwe reisagentskap gemik op die luukse mark middel 2019 bekend.

Wat sy lugdiensafdeling betref, het die inkomste met 11% gegroei, ’n kombinasie van die styging in die getal passasiers (5%) en die toename in vliegkaartjies (6%).

Koste het met 17% gestyg, grootliks weens ’n 35%-styging in die randprys van brandstof. Die kombinasie van duurder brandstof in dollar gemeet en ’n wisselvallige rand het hiertoe aanleiding gegee.

Die groep keer ’n tussentydse dividend van 5c per aandeel uit.

Meer oor:  Sal  |  Kulula  |  Boeing  |  Comair  |  Aandeelpryse  |  Staatsondernemings  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.