Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiger Brands steeds nie gedagvaar oor listeriose

Tiger Brands het nog geen dagvaarding ontvang wat betref die groepsgeding deur mense wat deur die listeriose-uitbreking geraak is nie.

Die maatskappy sê Woensdag in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens hy is bewus daarvan dat die hooggeregshof in Johannesburg in Desember bevind het dat die geding moet voortgaan, maar het nog niks verder gehoor nie.

Hy sê wel dat die maatskappy oor die “nodige produkversekering” beskik.

Die maatskappy het by sy versekeraar bevestiging gekry dat daar dekking daarvoor is. Dit is wel aan voorwaardes en beperkings van die polis onderworpe.

Die versekering sal dus gebruik word om enige eise te betaal sou die maatskappy vir die gebeure aanspreeklik gehou word.

Tiger Brands is een van die maatskappye in die JSE se top-40-indeks en een van die grootste vervaardigers en bemarkers van vinnig bewegende verbruikersgoedere in Afrika. Sy Enterprise-aanleg in Polokwane is in Maart 2018 as die hoofbron van die listeriose-epidemie geïdentifiseer.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vroeër gesê die listeriose-uitbreking van 2017-’18 was die grootste ter wêreld. Meer as 200 mense het weens die uitbreking gesterf.

Daar is vier kategorieë mense wat deel is van die groepsgeding: Diegene by wie listeriose gediagnoseer is en oorleef het, kinders wie se ma’s siek geword het terwyl hulle swanger was, broodwinners wat aan listeriose gesterf het en diegene wat nou iemand ondersteun wat listeriose gehad het.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Maatskappye  |  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.