Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Groenlig vir NGV-wetsontwerp ‘rampspoedig’

Die groenlig wat die kabinet gegee het dat die wetsontwerp oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) in die parlement ter tafel gelê kan word, is vroegtydig, onverantwoordelik en eenvoudig rampspoeding, sê die DA.

Die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) moes nié die groenlig vanaf die kabinet gekry het nie, meen die DA. Foto ter illustrasie: PIXABAY

Die DA het in ’n verklaring gesê die party is daarvan bewus dat nie die vorige minister van gesondheid of die huidige een, dr. Zweli Mkhize, met die provinsies oor die wetsontwerp geskakel het nie.

Die kwessie is nie voor die Nasionale Gesondheidsraad (wat uit LUR’e van gesondheid bestaan) bespreek nie. Daar is ook nie met die provinsiale departemente van gesondheid geskakel oor wat die NGV in sy huidige vorm van hulle gaan vereis nie.

“Elke stuk wetgewing en beleidsvoorstelle wat ’n impak het op die gesondheidstelsel het die insette van die provinsies nodig en vereis dat hulle onomwonde saamstem daarmee,” sê die DA.

“Provinsiale departemente is die implementeringsagente en die raakvlak van gesondheidsorg met gemeenskappe. Die feit dat die kabinet hierdie noodsaaklike stap weggelaat het, dui op die ANC-regering se strewe daarna om ’n ideologiese oorwinning te behaal in stede daarvan om gesondheidsorg vir die mense te verbeter.”

Al wat ons weet is dat die vorige minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, gesê het die koste van R259 miljard is ’n raaiskoot. Ons weet ook dat die meerderheid van die loodsprojekte van die NGV ’n reuse-mislukking was.
Siviwe Gwarube

“Dit demonstreer ook die ANC-regering se onversadigbare begeerte om nog ’n staatsonderneming te stig waar grootskaalse korrupsie net weer gaan plaasvind.”

Die DA het ook gesê ’n kosteberaming is nog nie oor die wetsontwerp in sy huidige vorm gedoen nie en die lewensvatbaarheid daarvan is ook nog nie getoets nie.

“Al wat ons weet is dat die vorige minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, gesê het die koste van R259 miljard is ’n raaiskoot. Ons weet ook dat die meerderheid van die loodsprojekte van die NGV ’n reuse-mislukking was,” het Siviwe Gwarube, woordvoerder van die DA oor gesondheid, gesê.

Neil Kirby, ’n regskenner oor gesondheidswetgewing van Werksmans, sê hy is baie gretig om te sien hoe die weergawe wat die kabinet nou goedgekeur het, verskil van die konsep wat in 2018 gepubliseer is, en veral of dit die kommentaar in ag geneem het wat in die openbare deelnameproses verskaf is.

Die konsepwetsontwerp is sowat ’n jaar gelede uitgereik en drie maande se openbare konsultasie is toegelaat.

“Die proses om ’n NGV te bou, is grootliks ’n regsproses wat op die Grondwet steun. Daarom sal die volgende stappe wat geneem word in die proses met die voorgestelde wetsontwerp van groot belang wees vir die ontwerp en aanvaarbaarheid daarvan op regsgronde.”

Kirby verwag ’n groot debat en ’n ontleding van die besonderhede oor aspekte soos die betalingstrukture en die voordele wat gedek gaan word en wat voorheen vermis was in die konsepwetsontwerp.

Dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van die groot administrateur van mediese fondse Discovery Health, het die goedkeuring van die wetsontwerp verwelkom.

Hy wou nie verder kommentaar lewer voordat hy die weergawe van die wetsontwerp gesien het en die besonderhede bestudeer het nie.

Meer oor:  Da  |  Versekering  |  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2394,23 (1265)
  • Top 40 48646,95 (48858)
  • All Share 54386,3 (51178)
  • Resource 10 43269,02 (89464)
  • Financial and Industrial 30 73280,23 (45906)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.