Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Ondersoek na duur medies gaan nóg 7 maande duur

Die ondersoek wat uitgevoer word oor die private gesondheidsektor het tot einde September gekry om voltooi te word.

Aanbevelings wat kan help om die styging in private mediese uitgawes in toom te hou, gaan nou nóg sewe maande lank sloer. Foto: iStock

’n Aankondiging daaroor is Vrydag in die Staatskoerant uitgereik.

Die finale verslag oor die markondersoek se bevindinge en aanbevelinge sal dan eers uitgereik word. Dit sou einde Maart vanjaar uitgereik word.

Mapato Ramokgopa, die markondersoekdirekteur van die Mededingingskommissie, het gesê die kommissaris van die Mededingingskommissie het toestemming gegee dat die markondersoek later afgehandel word.

Die volgende spertyd vir voorleggings oor verskeie aspekte van die voorlopige verslag wat verlede jaar uitgereik is, is 15 Maart.

In April gaan talle seminare plaasvind wat belangegroepe kan bywoon oor belangrike bevindinge van die ondersoek.

Van Mei tot Augustus gaan die inligting wat belangegroepe verskaf het ontleed word en nog skakeling gaan plaasvind indien nodig.

Dan word die verslag opgestel.

Netwerk24 het begin Januarie berig die ondersoek kos al R197 miljoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.