Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou groei meer as ekonomie
myn

Die Suid-Afrikaanse mynbedryf het in 2018 teen 1,2% op ’n jaargrondslag gegroei, veel beter as die groei in die nasionale ekonomie, sê die Mineraleraad.

Die mynbedryf het verlede jaar kommoditeite ter waarde van R312 miljard uitgevoer, wat 25% van die land se uitvoer van R1 250 miljard uitmaak.

Indiensneming in die mynbedryf het egter in die vyf jaar tot 2018 met 56 366 tot 453 543 afgeneem. Die netto verlies aan poste verlede jaar was 11 217, blyk uit die publikasie Facts and Figures 2018.

Roger Baxter, uitvoerende hoof van die Mineraleraad, sê in die voorwoord dit is verblydend dat indiensneming in sektore soos steenkool, ystererts, mangaan en chroom hoër was, maar baie poste in die goud- en platinumsektor het verlore gegaan.

Indiensneming in die mynbedryf maak 6,4% van private indiensneming buite die landbousektor uit en 4,7% van totale indiensneming buite landbou.

Die Mineraleraad raam mynbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) op R356 miljard.

Die mynbedryf het verlede jaar kommoditeite ter waarde van R312 miljard uitgevoer, wat 25% van die land se uitvoer van R1 250 miljard uitmaak.

Die mynbedryf het in die 2017-’18-boekjaar R7,6 miljard in tantième betaal, ’n styging van 31% teenoor die vorige finansiële jaar. Mynmaatskappye het R22 miljard in maatskappybelasting tot die staatskas bygedra en R21 miljard se belasting volgens die lopende betaalstelsel. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.