SARIE Voorbladgesig is vanjaar 10 jaar oud. En met hoe beeldskoon Suid-Afrika se vroue is, vier ons vanjaar ook 13 inspirerende SARIE-lesers wat sedert 2001 op ons voorblad verskyn het. Elkeen van dié vroue is 'n verpersoonliking van wie SARIE se lesers is: sterk, interessant, snaaks, suksesvol, liefdevol, opreg, propvol vreugde, en inspirerend ...

Inskrywings vir vanjaar se SARIE Voorbladgesig- en SARIE Nuwe Gesig-wedstryde is oop tot 10 Mei.

Waag 'n kans - skryf in!

Hier is 13 keer wat ons SARIE Voorbladgesigte se woorde ons geïnspireer het.

Alrie Velleman (2011)

FOTO Leana Clunies

"Jy kan nie 'n vis vang as jou lyn nie in die water is nie."

Gooi jou lyn in die water - skryf in vir SARIE Voorbladgesig of SARIE Nuwe Gesig!

Tana van Rooyen neé Ferreira (2012)

FOTO Leana Clunies

"Ek's nie bang om te wys wie ek is nie."

Marike Nel (2013)

FOTO Leana Clunies

"Laat jouself toe om te wees wie jy is, sonder om te wil verander of te streef om soos iemand anders te lyk."

Monique Brits neé Sutherland (2014)

FOTO Leana Clunies

"SARIE is vir my soos my ma se huis. Gemaklik, bied altyd goeie raad en goed waarvan ek hou. Die voorbladgesig moet só wees: natuurlik, innemend, aanloklik, en jou tuis laat voel."

Pas jy by Monique se definisie? Skryf dan in!

Carlize Earle (2015)

FOTO Leana Clunies

"Werk daagliks aan jouself. As dinge te maklik is, is daar fout en jy gaan niks leer nie."

Elmaré Schutte (2016)

FOTO Leana Clunies

"Ek dink nie jy hoef 21 en perfek te wees om op 'n voorblad te wees nie."

Nicola Smit (2016)

FOTO Leana Clunies

"Kinders is ons toekoms. Dít is hoekom ek onderwys studeer en 'n au pair is."

Yolani Abrahams (2017)

FOTO Leana Clunies

"Jy moet kritiek leer hanteer, en wanneer mense op jou trap, raak jy taai ter wille van oorlewing. Maar ek het met tyd ook geleer jy kan nie almal tevrede stel nie."

Nadia de Wet (2017)

FOTO Leana Clunies

"Ek glo daar is ’n plekkie vir almal onder die son. Dan is jy voor, dan weer agter. Jy hardloop op die ou end ’n resies net teen jouself."

Emari Gieselbach (2018)

FOTO Leana Clunies

"Vir seker moet vroue ook hul stem dik maak oor dít wat nie kan en nie reg is nie. Ons moet saamstaan en mekaar ondersteun."

Schané Venter (2019)

FOTO Leana Clunies

"Suid-Afrika is my huis, dis waar my siel rus."

Nicqie Robinson (2020)

FOTO Leana Clunies

"Elkeen van ons het 'n storie ... elkeen het pyne en skete wat gehoor moet word. Ek deel my storie, sodat ook ander daardeur hoop kan vind."

Is jy ons volgende SARIE Voorbladgesig? Of dalk die SARIE Nuwe Gesig? Skryf in!