Isan Elba, dogter van Britse akteur Idris Elba, het vanjaar die goue Golden Globe-beeldjies vir Hollywood se grootste sterre uitgedeel.
En met ’n Elie Saab-rok vol blinkers het sy behoorlik op die verhoog geskitter.
En saam met vanjaar se seremoniemeesters akteurs Sandra Oh en Andy Samberg het sy die rooi tapyt ook amptelik oop verklaar.