Sy wou nog altyd ’n ma geword het, maar twee jaar terug is die supermodel Romee Strijd met Polisistiese ovariële sindroom (POS) gediagnoseer. Sy gaan sukkel om swanger te word. Nog simptome sluit in: Gewigstoename, ongereelde menstruasie, haarverlies en selfs onreëlmatige haargroei op ander dele van jou liggaam.

Hoewel dit moeilik is om swanger te raak, kán jy swanger raak. Bekendes soos Jamie Oliver se vrou, Jools, het die lewe aan vyf kinders geskenk. En ontwerper Victoria Beckham is die trotse ma van vier kinders.

Die diagnose het haar omkant gevang, skryf Romee op haar Instagram-blad. Sy het gesond geëet, daagliks geoefen en het ’n modellyf gehad. Maar gou het Romee besef dat haar leefstyl die oorsaak was - dit het haar siek gemaak.

“Om heeltyd te reis, om elke dag te oefen, om skoon te eet en sekere kossoorte uit te sny en selfs my gewig het als onnodig druk op my liggaam geplaas.”

FOTO Romee Strijd

Romee het begin om sagter op haarself te wees, nie elke dag te oefen nie, haarself toegelaat om verskillende kossoorte te eet en het ook verhuis na Nederland.

En na maande se genesing het Romee uitgevind sy is swanger. Sy het saam met die inskrywing oor POS, die goeie nuus gedeel. Dit sal haar en lewensmaat, Laurens van Leeuwen, se eersteling wees.

View this post on Instagram

WE’RE HAVING A BABY ?? 2 years ago I got diagnosed with PCOS after not getting my period for 7 years. I was devastated because being a mom and starting a family with @laurensvleeuwen is my biggest dream.. I was so scared that I would never be able to because I got told it was harder to get babies in a natural way.. I started to research PCOS and came to the conclusion that mine was not the typical pcos.. Mine was because of my body being in fight or flight mode.. which means my body was under constant stress. I never felt mentally super stressed so it was hard te understand this, but my life consisted of travelling all the time (no biorhythm), working out every day, eating super clean (restricting foods). I think I pressured my body to much, and honestly every body is so different but I think my weight was not good for my body to function properly and couldn’t handle the constant traveling. This was the point where I started to research natural healing for PCOS and came to the conclusion that I should do way less high intensity training, don’t restrict foods, be nice to myself, and take breaks when needed. I also tried some natural supplements, acupuncture and we got a place back in the Netherlands as well, so we could spend more time with Family (since im such a family person). I’m so happy and grateful to say that I got my period back last november AND that WE’RE SOON A FAMILY OF THREE ? ??? & to the women trying to conceive, believe in yourself and be nice for yourself and your body and don’t let those thoughts get to you to much ??

A post shared by Romee Strijd (@romeestrijd) on