Kykers was omtrent hartseer toe hulle oor die gewilde regsdrama Fynskrif gaan ná drie seisoene eindig. Gelukkig kan kykers steeds uitsien na goeie reekse!

En dit blyk of Afgrond een van hulle is! So verloop die storielyn - ná aanleiding van kykNET se amptelike persverklaring:

’n Sielkundige, regsekretaresse, kandidaat-prokureur, glansende sepiester en begrafnisondernemer staar almal een vraag in die gesig. Hoe naby moet ons aan die rand van ’n afgrond staan voor ons besluit om verantwoordelikheid vir ons eie besluite te neem?

Kim vertolk die rol van Lana Bridgett (Kim Cloete), ’n sepiester wat ná vyf jaar uit ’n koma ontwaak. En Marguerite vertolk die rol van Hannelie Fourie, ’n regssekretaresse, wat by haar werk seksueel mishandel is. 

Die ander drie vroue rolle word onderskeidelik deur Jana Kruger, wat ook eens in Fynskrif verskyn het, Gretchen Ramsden en Kanya Viljoen vertolk. 

Vyf vroue, uiteenlopende wêrelde, een geveg. Afgrond begin in die nuwe jaar!

FOTO Verskaf deur Penguin Films

- Hou SARIE.com dop vir nóg onderhoude rakende hierdie opwindende reeks.