Die bekroonde akteurs Tinarie van Wyk Loots en Jacques Bessenger was 'n getroude paartjie in die kykNET-reeks Fynskrif. Nou gaan hulle twee jeugliefdes speel wat mekaar ná jare weer op 'n fiktiewe Karoo-dorpie, Maanhaarsdrif, raakloop.
Die reeks begin vanaand (8 Januarie 2019) om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Om teenoor Jacques te speel is 'n wonderlike ervaring, het Tinarie verlede jaar opgewonde aan SARIE.com verklap.