Staan opsy boere ... hierdie ou soek ’n vrou. Die Fynskrif-ster Neels van Jaarsveld is opsoek na sy pasmaat en van vandag af tot 25 Desember kan kan jy inskryf om dalk sy nooi te word.
Ek geniet my werk as akteur, maar ek mis ’n spesiale persoon langs my sy – iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met my kan deel; iemand met wie ek die normale dinge in die lewe kan geniet, wat my kan laat lag en saam met wie ek onthou-oomblikke kan beleef,” sê Neels in ’n amptelike verklaring van kykNET.
“Ek is op ‘n plek in my lewe waar ek ernstig is oor liefde vind,” verklap hy verder. “Op my Eish is ‘n nuwe hoofstuk in my lewe, ‘n magiese avontuur, ‘n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde en ‘n boodskap wat bars van positiweit.”
Die pasmaatprogram sal in April 2021 afskop.
Paar van Neels se gunsteling-dinge:
Kleur: Blou
Kos: Beeshaas
Dier: Luiperd
Reisbestemming: Kruger Nasionale Park, Rome en Zanzibar
Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar
Boek: Still Life with Woodpecker deur Tom Robbins
Stokperdjies: intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry
Fliek: Birdman
Aanhaling: ‘Be yourself, everyone else is already taken’
Inskrywings is nou oop op kyknet.dstv.com.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET