Hartseer nuus vir Jennifer Aniston en Justin Theroux

akkreditasie
FOTO Instagram
FOTO Instagram

Nog 'n liefde in Hollywood is verby. Die akteurs-paartjie Jennifer Aniston en Justin Theroux se paadjies gaan skei. Hulle was minder as 3 jaar getroud.

Onlangs in Architectural Digest het Jennifer haar en manlief se $21 miljoen-huis gewys. "As ek so na my man en honde kyk, is daar nêrens anders waar ek wil wees nie," het sy aan dié tydskrif gesê.

Kyk die video oor haar huis hier:

Jennifer het in 'n verklaring gesê dat hulle steeds lief is vir mekaar en altyd respek vir mekaar sal hê.

Die aantreklike paartjie het in 2011 'n verhouding aangeknoop en is in 2015 getrou.

Gebruikers op Twitter het onmiddellik uitgelig dat Jennifer en eks-man Brad Pitt nou albei enkellopend is.

Die paartjie was in 1998 getroud en is in 2005 geskei. Hulle was toe een van Hollywood se goue paartjies.

FOTO Instagram
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees