Die volgende inligting verskyn in die nuwe bêreboek vir ouers en self grootouers, SARIE Eet!, nou te koop.
Waaroor gaan SARIE Eet!? Michélle van Breda, SARIE se redakteur, gee meer duidelikheid: Om ’n gelukkige kind groot te maak is elke ouer se grootste vreugde, en – kom ons sê dit maar – uitdaging! Boaan die lys van dinge om rég te kry is die kweek van goeie eetgewoontes. Maar waar om te begin?SARIE Eet! bied antwoorde op baie van die vrae wat ’n ma daagliks vra. So met die voor-die-tyd deurlees het ek weer besef dis die soort inligting wat haar gaan help om haar kind beter te verstaan en meer ingeligte besluite te neem. En om haar op die ou end die nodige gemoedsrus te gee. Boonop is SARIE Eet! prakties, met baie wenke, idees en resepte wat die hele gesin op die pad na ’n gesonder leefstyl sal plaas.Maar die grootste plus? Die artikels is nagevors deur geregistreerde dieetkundiges, wat ook ma’s is. Hulle verstaan!
Dit is ’n aangeleerde gedrag wat eenvoudig neerkom op die inname van kos in reaksie op emosionele prikkels, eerder as honger. Algemene emosies wat hiertoe aanleiding kan gee, is angstigheid, stres, verveeldheid, droefheid, depressie, onsekerheid, moegheid, frustrasie en gelukkigheid.