KOLLIGKUIERS: Riana Nel en Willem Botha gesels

akkreditasie

Sondagaand was die blou tapyt by die  Emperors Palace in Kempton Park uitgerol vir die jaarlikse Ghoema-musiektoekennings . En natuurlik was die KOLLIGKUIERS-span (en geliefde radio-omroepers) Sue Pyler en Renaldo Scwharp daar om die aksie vas te vang. 

Hier's die laaste KOLLIGKUIERS-episode van die seisoen.

Die aand se groot wenner was Jo Black wat met sewe Ghoemas weggestap het. Karlien van Jaarsveld het die toekenning vir beste pop-album deur 'n vroulike kunstenaar gewen. Sy was ook aangewys as die publiek se gunsteling vroulike kunstenaar. 

Die sanger Juanita du Plessis is aangewys as die vroulike kunstenaar van die jaar. En die groep van die jaar was Heuwels Fantasties. Hou Woensdag SARIE.com dop vir KOLLIGKUIERS se insetsel oor die Ghoemas.

Die fotograaf Rina Gertzen van B-You Photography het die aand vasgevang. Die aanbieders word deur Spree geklee.

Hier's 'n paar oomblikke:

In aksie: Sue Pyler en Renaldo Schwarp, oftewel die KOLLIGKUIERS-span. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Sue gesels met die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay van Heerden. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Willem Botha FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Juanita du Plessis en haar pragtige gesin, wat sanger-dogter, Franja, insluit. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography

Juanita du Plessis gesels met KOLLIGKUIERS. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Die manne van Spoegwolf en hul geliefdes. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Die Lieflinge Charne Hugo en Rudi Claase. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Die sanger Riana Nel en haar man, Cornel de Beer. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography

Die aktrise en opera-sanger Lynelle Kenned al dansend voor aktrise Cindy Swanepoel. FOTO Rina Gertzen, B-You Photography
Aktrise Cindy Swanepoel FOTO Rina Gertzen / B-You Photography
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees