Koningin Elizabeth II hou van tradisie en roetine. So word daar elke jaar met haar verjaardag altyd dieselfde koek gebak: ’n sjokoladekoek. Die resep kom uit koningin Victoria se dae en dit word al die afgelope 80 jaar vir haar gebak. Die afgelope 30 jaar dra sy ook dieselfde kleur op haar naels: ’n deursigtige, ligpienk skakering van Essie genaamd Ballet Slippers.

Nou weet ons ook dat die Britse koningin elke dag vier baie spesifieke drankies geniet. Volgens die Observer begin sy net voor middagete met ’n jenewer gemeng met Dubonnet, ’n tipe aperitiefwyn, met ys en ’n skyfie suurlemoen. Saam met haar middagete geniet sy ’n glasie wyn, geneem met ’n blokkie sjokolade. Soms wissel sy dit af met ’n martini. Met teetyd drink sy ’n koppie tee met ’n knertsie van ietsie sterkers by. Haar aande sluit sy met ’n glasie sjampanje af.

A post shared by Tom Trandt Minh Ð?o (@tomtrandt) on

En op haar spyskaart?

Volgens Today begin koningin Elizabeth haar dag met ’n koppie swart Earl Grey-tee, gevolg deur ’n bakkie ontbytgraan en vrugte. Kellogg's Special K is glo ’n groot gunsteling. Anders sal sy ’n snytjie brood met marmelade geniet, of roereier met salm op spesiale dae.

Vir middagete eet sy ’n stukkie vis met groente of hoender met slaai. As sy alleen eet, is daar geen aartappels, rys, pasta – of enige ander stysel – op die spyskaart nie.

Hierna geniet die koningin ’n behoorlike middagtee met vingertoebroodjies, skons, haar gunstelingkoeke en tee. Vir aandete is vleis of vis met ’n ryk sous en groente weer op die spyskaart, met vrugte vir nagereg. En dalk nog sjokolade. Nou toe nou!

Queen Elizabeth and Princess Margaret via @disraeli81

A post shared by @ affluenzzza on