Kyk hoe kan Anna Davel teken en verf!

akkreditasie
Dis besonders.

Het haar talent enigsins perke? Só sal enigiemand vra as hulle Anna Davel teëkom. Die donkerkop met haar fluweel stem sing al vir twee dekades. Maar dis nie waar haar talente eindig nie. Anna is volwaardige kunstenaar. Met ’n kwas kan sy ’n eenvoudige doek optower.

Die afgelope jaar is Anna besig met talle kunsuitstallings. Een van hulle is om kunswerke vir 9 gedigte te skep. “Sedert die begin van inperkings kon ek nie toer nie, en is al my konserte ook, soos al my kollegas, gekanselleer. Ek is tans besig met my vierde solokunsuitstalling – Woorde III, by die Atterbury-teater saam met die sanger, Lizanne Barnard,” het sy onlangs in ’n persverklaring gesê. Die kunsuitstalling vind om 2 Oktober by die Atterbury Teater in Pretoria plaas.

FOTO Facebook / Anna Davel
FOTO Facebook / Lion King
FOTO Facebook / Anna Davel

Maar aanhangers kan van vanaand af haar in virtuele lywe aanskou! Ja, Anna is deel van die gewilde KKNK Mothership Sessions-musiekreeks. Die heerlike vertoning gaan bestaan uit verskeie oorspronklike liedjies, asook van Anna se gunsteling-jazzstukke en -swingliedjies.

Die vertoning kan vanaf vanaand besigtig of tot Sondag 20 September. Koop jou kaartjie hier.

Hier is van ons gunsteling-liedjies deur Anna:

“Die gypsy in jou oë”

“Te lank al”

“Die lewe in rose”

“As jou hart reg klop”


JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees