Met haar bos rooi hare, bonatuurlike krag, onafhanklike lewenstyl en rebelse persoonlikheid is Pippie Langkous al geslagte lank geliefd – oor die wêreld heen!

Sy bly alleen met haar perd, apie en ’n kis vol goue muntstukke terwyl haar seekaptein-pa die oseane aandurf. En saam met die buurkinders Tommy en Annika is elke dag ’n nuwe geleentheid vir speel en gesag uitdaag, want ’n grootmens wil Pippie nie word nie.

FOTO Skermgreep op YouTube-video "Pippi Langkous 07 'Pippi op school'"
Tommy en Annika
Tommy en Annika in Pippi Langkous se televisiereeks (1969), FOTO Youtube / Skermgreep

Die verhaal van Pippie Langkous is die breinkind van Sweedse skrywer Astrid Lindgren, en sedert 1945 is dit al in meer as 100 tale vertaal. Meer as 66 miljoen eksemplare van die boek is wêreldwyd verkoop en talle TV-reekse en flieks oor die karakter gemaak.

Sewe jong Sweedse aktrises het al die rol van Pippie vertolk, maar Inger Nillson word wyd beskou as die gewildste.

Pippi Langkous 09 'Pippi vindt een nieuw woord uit
FOTO Skermgreep op YouTube-video "Pippi Langkous 09 'Pippi vindt een nieuw woord uit'"

Inger het die karakter gespeel in ’n 1969-televisiereeks van 13 episodes wat Lindgren self geskryf het. Die reeks is reg oor die wêreld in verskillende tale uitgesaai, ook in Afrikaans, en ’n paar van die episodes is steeds op YouTube te sien.

Pippi Langkous
Pippi Langkous (Inger Nilson) saam met skrywer Astrid Lindgren in 1969. FOTO Getty Images / Gallo Images

Die 8-jarige Inger het destyds geen ervaring in toneelspeel gehad nie. Sy het die rol gekry nadat dit op televisie geadverteer is. Haar pa het ’n foto van haar na die produksiemaatskappy gestuur en voor sy haar oë kon uitvee, was sy op die Sweedse eiland Gothan waar die reeks verfilm is.

Pippi Langkous
FOTO Skermgreep op YouTube-video "Pippi Langkous 11 'Pippi lijdt schipbreuk'"

“Ek dink [Pippie] doen wat ons almal wil doen: Om ’n vry lewe te leef. Sy is sterk en doen presies wat sy wil. In haar wêreld is alles maklik ... ons almal wil soos sy wees,” het Inger die karakter se gewildheid verklaar in ’n onderhoud met Umgas Magazine.

Pippi Langkous
Inger Nilsson in 2019 FOTO Getty Images / Gallo Images

Inger woon vandag in Stockholm en werk steeds as ’n aktrise in plaaslike teaterproduksies. Sy vertolk ook ’n rol in die Duitse misdaadreeks Inspector and the Sea.

Pippi Langkous
Inger Nilson in 2015 FOTO Wikipedia Media Commons

“Nadat ek my dramagraad gekry het, was ek in ’n produksie waarin ek baie moes vloek. Ná my eerste optrede het ’n vrou met my kom raas en kwaad gesê: ‘Ons soek nie ’n Pippie wat huil en vloek nie!’” het Inger verlede jaar vir die webtuiste Amo Mama vertel. 

“Ek en Pippie het ’n lang afskeid gehad ...”

Bronne: Umgas Magazine, Amo Mama