In die begindae van TV het ons die Ingalls-gesin ontmoet: pa Charles, ma Caroline en hul drie dogters, Mary, Laura en Carrie, wat 'n lewe op die Amerikaanse grasvlaktes probeer maak. Little House on the Prairie, wat op die Little House-boeke van Laura Ingalls Wilder gegrond is, het ons nege seisoene lank meegevoer.

Die akteur Michael Landon, as Charles Ingalls, het vroue se knieë behoorlik lam gemaak. Nie net was hy aantreklik nie, maar ook 'n liefdevolle man en pa vir sy gesin.

FOTO Instagram

Michael is ongelukkig in 1991 aan kanker oorlede toe hy net 54 jaar oud was.

Maar wat het van die "vroue" in sy lewe geword?

Caroline Ingalls (Karen Grassle)

Die pragtige ma in die verhaal. Dit was een van die aktrise se bekendste rolle. Vandag is sy 74 jaar oud en woon in Santa Fe, Amerika. Sy was drie keer getroud en het een dogter, Lily Radford.

FOTO Instagram en Getty Images/Gallo Images

Mary Ingalls (Melissa Sue Anderson)

Sy was die oudste dogter en 'n ware klein dame. Deesdae woon die 55-jarige aktrise in Montreal, Kanada, saam met haar vervaardiger-man, Michael Sloan, en hul twee volwasse kinders, Piper en Griffin. Hoewel Melissa in nog 'n paar flieks te sien wees, was haar rol in Little House on the Prairie die grootste.

FOTO Instagram en Getty Images / Gallo Images

Laura Ingalls (Melissa Gilbert)

Sy was die middelkind en vrygees. Die regte Laura Ingalls wat die boeke geskryf het, het tot op 90 geleef (sy is in 1957 oorlede). Melissa, nou 54, was ná die reeks in 'n paar TV-films te sien en het ook TV-regiewerk gedoen. In 2013 is sy met die akteur Timothy Busfield getroud. Dis haar derde huwelik. Die paartjie woon in Howell, Michigan, en het vyf kinders uit vorige huwelike.

FOTO Instagram en Getty Images / Gallo Images

Carrie Ingalls (Lindsay en Sidney Greenbush)

Die babasussie is inderwaarheid deur twee mense - 'n tweeling - vertolk. Deesdae is die 48-jarige Lindsay en Sidney heeltemal uit die kollig.

FOTO's Instagram