In 2018 op VIA het Melinda Bam haar eie realiteitsprogram, Wie is jou poppie?, gehad - die reeks het vir drie seisoene gehardloop. Die voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou het stereotipes uitgedaag van vroue wat sekere werke, uitdagings nie kan aanpak nie oor hulle ’n “poppie” is. In elke episode daag sy ’n vrou uit om saam met haar ’n stereotipering te breek. Die aktrise Donnalee Roberts het saam met Melinda ’n plaas  gaan besoek, waar hulle vir koeie moes help insemineer (KI).

Melinda onthou: "Ek en Donnalee moes letterlik ons hele arm in die koei se buik indruk. Jy moes eers die buik skoonmaak en dan kon jy insemineer. Dis was aardig, hoe meer jy jouself probeer voorberei, hoe meer het jy begin getwyfel."

Arme Melinda se koei was so vol spanning dat Melinda se arm in die proses vasgesit. "Donnalee het so gesukkel om die stert op te hou, want sy het histeries gelag."

Hulle het mekaar so goed leer ken, juis oor hulle uit hul diepte was, meen Melinda.

Kyk net die foto’s:

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf