’n Goeie begin sal wees om seker te maak jy werk sagkens met jouself nog voordat die eerste foto geneem word. Waak teen daardie binnestemmetjie wat jou kliphard kritiseer en negatief laat voel.
Onthou, #JyIsGenoeg. Elke mens beskik oor ’n unieke skoonheid en fotografie is een manier waarop dit uitgebring kan word.
- Rus goed voordat jy voor die kamera verskyn.
- Benader jou fotosessie met selfvertroue. As jy angstig voor ’n kamera voel, werk eerder daaraan om daardie emosies in opwinding en selfvertroue te omskep en jy sal die resultaat in die foto’s sien.
- Hou dit eenvoudig, maar fokus op ’n sterk postuur.
- Kyk na foto’s in tydskrifte en oefen voor die spieël om die regte posisie te kry.
- Maak seker jou hare lyk reg vir jou en dra klere wat jou goed laat voel.
- Weet wat jou sterkste bates is (byvoorbeeld jou oë, jou skouers, jou hande) en laat dit die fokus wees.
- Druk jou skouers terug sodat jy nie vooroorgeboë lyk nie.
- Hou jou arm weg van jou lyf, net effentjies, om te verhoed dat jou foto’s plat en rigied lyk.
- Waar moontlik, hou jou middellyf oop.
- Die kamera tel baie meer detail op as wat jy met die blote oog sien.
- Naels moet goed versorg wees.
- En skeer of waks maar gerus as jy ’n vollengte foto instuur waar jou bene sigbaar is.
Moenie vergeet om pret te hê terwyl die kamera voortklik nie!
Tyd raak min om in te skryf. Besoek https://voorbladgesig.sarie.com/ om die reëls te sien en om in te skryf!