Pandemiebaba’s: Ooievaar gaan hierdie sterre besoek

akkreditasie
Die aktrise Emma Roberts is swanger met haar eersteling. FOTO Instagram / Emma Roberts
Die aktrise Emma Roberts is swanger met haar eersteling. FOTO Instagram / Emma Roberts
Die wêreld is op sy kop gedompel. En 2020 is so onvoorspelbaar soos die tou by Binnelandse Sake. Wie weet wat nog gaan gebeur?

Gelukkig vir ’n paar bekendes is daar groot opwinding in die vorm van ’n pienkvoet op pad. Die volgende sterre gaan binnekort (weer) ouers word:

Emma Roberts

Die Amerikaanse aktrise en broerskind van Oscar-wenner Julia Roberts is swanger met haar eersteling. Sy het die goeie nuus op Instagram gedeel. Sy en haar akteur-kêrel, Garrett Hedlund, gaan die trotse ouers van ’n seuntjie wees. 

View this post on Instagram

Me...and my two favorite guys ????

A post shared by Emma Roberts (@emmaroberts) on

Gigi Hadid

Die supermodel en haar sanger-kêrel, Zayn Malik, gaan vir die eerste keer ouers word. Sy het onlangs ’n treffende bababoep-fotosessie op Instagram gedeel.

Chrissy Teigen

Die model en kookboekskrywer gaan vir die derde keer ma word. Sy en die EGOT-wenner John Legend is reeds die trotse ouers van Luna en Miles.

Ashley Simpson-Ross

Nés Chrissy gaan die sanger, Ashley Simpson-Ross, vir ’n derde keer ma word. Dit sal die tweede kind uit haar huwelik met die akteur, Evan Ross, wees. 

Rooney Mara

Die Oscar-benoemde is swanger met haar en Oscar-wenner Joaquin Phoenix se eersteling. Die paartjie is gerug vir hul privaatheid en het nie veel hieroor uitgebrei nie.

Romee Strijd

Die Victoria Secret-engel is swanger met haar en kêrel, Laurens van Leeuwen, se eersteling.

View this post on Instagram

We can’t wait to meet our little girl ??

A post shared by Romee Strijd (@romeestrijd) on

Sophie Turner 

Die Game of Thrones-ster, Sophie Turner, is swanger met haar en manlief, Joe Jonas, se eersteling.


JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees