Dis daardie tyd van die jaar wat bekendes in die vermaakbedryf erkenning vir hul harde werk en talente kry.
Gisteraand was dit die jaarlikse E! People’s Choice-toekennings in Kalifornië. Die aand eer die bestes in die TV-, rolprent-, musiek- en popkultuurwêreld en wenners word aanlyn deur die publiek gekies.
Van die groot name wat vanjaar gewen het, is modeontwerper Victoria Beckham (mode-ikoon) en rapper Nicki Minaj (beste vroulike kunstenaar).