1. Die koninklike ontvoering

In 1974, vier weke nadat sy met kaptein Mark Phillips getrou het, het die paartjie na Buckingham-paleis teruggekeer. Skielik was hul Rolls Royce voorgekeer deur ’n ander voertuig wat deur Ian Ball bestuur was. Hy wou met alle mag prinses Anne ontvoer en het haar drywer, ’n joernalis en sekuriteitsman geskiet. Ian het aangedring dat prinses Anne uit die Rolls Royce moet klim. Haar reaksie? “Not bloody likely.”

Gelukkig het ’n voetganger vir Ian Ball gemoker en die prinses was veilig.

Sy sou ongelukkig in 1992 van haar eerste man skei.  

Prinses Anne FOTO Instagram / Royal

2. Besigste lid van die koninklike familie

In 2017 was prinses Anne aangewys as die besigste lid van die koninklike familie. Sy het daardie jaar 455 geleenthede bygewoon, wat 85 bykomstighede oorsee insluit. Haar rekord het stof in die oë geskop van die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, asook prinse William en Harry.

Prinses Anne en haar ma, koningin Elizabeth. FOTO Instagram / Royal

3. Vlymskerp tong

Danksy die Netflix-reeks The Crown kon kykers sien hoe vlymskerp prinses Anne se tong en humorsin is – iets waarvoor sy en haar pa, prins Philip, bekend is. Die Britse aktrise Erin Doherty het haar in die derde seisoen vertolk, sy gaan die rol in die vierde seisoen ook hervat.

 
FOTO Instagram / Royal

4.  Voorbladster

Die prinses was haar drie keer ’n voorbladster van Vogue!

5. Olimpiese Spele

In 1976 het prinses Anne deelgeneem as kunsruiter aan die Olimpiese Spele in Montreal, Kanada. Sy is dieselfde jaar as BBC se sport-persoonlikheid van die jaar aangewys. Haar dogter, Zara Phillips, het in 2012 ook as kunsruiter aan die Londense Olimpiese Spele deelgeneem.  

FOTO Instagram / Royal