Die Oscar-wenner Reese Whiterspoon, wat bekend is vir haar rolle in rolprente soos Walk the Line en Legally Blonde, asook reekse soos Big Little Lies en Little Fires Everywhere, is die trotse ma van drie kinders: Ava, Deacon en Tennessee.

En dit blyk of die 16-jarige Deacon in sy ma se voetspore volg. Hy het onlangs sy eerste enkelsnit “Long Run” vrygestel.

Reese het ’n ougat-video gedeel waar sy saam met Deacon na sy liedjie luister. 

View this post on Instagram

When your kid has his first single... you gotta dance! ??#longrun @deaconphillippe @ninanesbitt

A post shared by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

Dis duidelik dat Deacon sy sangtalent van sy ma gekry het. Reese het in 2006 die Oscar vir beste aktrise gewen danksy haar vertolking van wyle country-sanger June Carter. Reese het al die liedjies in die rolprent Walk the Line self gesing.

In Suid-Afrika is volg kinders gereeld die spore van hul bekende ouers. Hier is ’n paar voorbeelde:

1. Juanita en Franja du Plessis

Die “Ska-rumba”-sanger se dogter, Franja, volg nie net in haar ma se sang-voetspore nie, maar is ook reeds besig om haar eie naam in die bedryf te maak.

2. Albert en Viljé Maritz

Hy is een van Suid-Afrika se gesoute akteurs, met verskeie reekse, soos Konings en Alles Malan, asook rolprente, soos Verraaiers, agter sy naam. Sy oudste seun, Viljé, het self ook op die kleinkassie en silwerskerm verskyn.

3. Elize Cawood en Jenna Dunster 

Sy is een van Suid-Afrika se geliefste aktrises. Haar pragtige dogter, Jenna, volg reeds vir jare in haar ma en akteur-pa, Wilson Dunster, se spore.